Suid-Afrikaanse kos in Christchurch

Ek het iewers gelees dat migrante 'n impak op die plaaslike kultuur begin maak wanneer hul getalle tot 1% van die totale bevolking groei. Een van die tekens dat dit gebeur het, is wanneer hul kos in deel van die plaaslike dieet vorm. Dit is interesant (en natuurlik lekker) om te sien hoe Afrikaanse woorde soos "boerewors", "biltong" en "rooibostee" stadigaan in die Kiwi woordeskat opgeneem word.

Die Christchurchse koerant "The Press" het die afgelope tyd 'n handvol artikels oor Suid Afrikaanse kos gepubliseer (sien Zest op www.stuff.co.nz/thepress). Die stories wissel van 'n onderhoud met Lize Smit van Safari Meats slaghuis tot boere-brekfis en Kaapse lekkernye.

So op die onderwerp van Suid-Afrikaanse kos: Peterjasie het 'n deeglike versameling tradisionele resepte.