Meer oor hierdie webwerf
Hierdie webblad se doel is om Afrikaans in Christchurch te bevorder.
Inisiatiewe
Hierdie webwerf is in 2003 begin toe Jaco en Marietjie Swart navorsing gedoen het om uit te vind of daar 'n behoefte is vir Afrikaans boeke en tydskrifte in Chrstchurch se biblioteke.
Die webwerf is ook gebruik om publisiteit te help maak vir drie hoofsaaklik-Afrikaanse konserte: Jannie du Toit en Christa Steyn in 2003, Danie Niehaus in 2004 en Lucas en Monica Maree in 2006. Hierdie konserte was deel van landswye toere deur Die Afrikaanse Klub van NZ gereel.
Canterbury Kleuters, 'n inisiatief van Afrikaans in Christchurch, is 'n groep Afrikaanse kleingoed en ouers wat saam by speelplekke in die omgewing bymekaar kom om in Afrikaans te speel en kuier.
Meer oor Jaco en Marietjie Swart
Jaco en Marietjie het in 2002 na Nieu Seeland verhuis. Hulle is baie lief vir hul nuwe land en geniet hul nuwe lewe in Christchurch. Dit is 'n voorreg en 'n plesier om Boere-Kiwis te wees! Omdat hulle lief is vir Afrikaans, en ook van die taal hou, vind hulle dit bemoedigend dat hul Kiwi-vriende hul aanmoedig om hul dogter Mia tweetalig groot te maak.
Die toekoms van Afrikaans in Christchurch
Ons hoop nog dat ons wel eendag Afrikaanse boeke en tydskrifte in Christchurch se Stadsbiblioteek sal kan uitneem.
Intussen sien ons uit na die volgende Suid-Afrikaanse vertoning, hopelik later hierdie jaar.