Hoop in 'n stukkende Christchurch
Ons stad is tans stukkend maar wanneer dit rof gaan, kom die mooiste van mense dikwels na vore.
Christchurch het onlangs baie sleg deurgeloop onder aardbewings en naskokke. Daar was onder andere die 7.1 aardbewing op 4 September 2010 wat bekend staan as die "Darfield, Canterbury Quake", die 4.9 aardbewing op 26 Desember 2010 wat veral in die middestad skade veroorsaak het en bekend staan as die "Boxing Day Quake", en dan was die verwoestende 6.3 "Christchurch Quake" op 22 Februarie 2011 wat veral die middestad verwoes het en ongeveer 200 lewens geeis het en baie beserings veroorsaak het.
Elke Christchurcher is daardeur geraak en ons wil ons simpatie uitspreek aan almal wat verliese gely het - of dit nou is dat 'n vriend of familielid dood of beseer is, jy jou huis en of besittings verloor het, jy jou werk of besigheid verloor het, dat ons rou oor ons stad wat anders lyk nou as die stad waarvoor ons lief geraak het. Dit is 'n uitdaging vir onsself en vir ons om ons kinders te help om om die sielkundige impak van die trauma van die aardbewing te verwerk. Behalwe dat baie van ons mooi landmerke, erfenis en historiese geboue weg is, gaan die demografie van ons stad en voorstede ook verander en dalk die stad kleiner maak omdat dit blyk dat daar mense is wat hulle elders gaan vestig / reeds gaan vestig het.
Desondanks alles, is ons is nog steeds lief vir ons mooi stad wat ons tuiste is, en is nie op hierdie stadium van plan om wortels uit te trek nie. Ons beplan om ons deel te doen om te help om die stad te herbou, en vind dit opbeurend om te hoor hoe mense praat oor hoe hulle hoop die nuwe middestad sal lyk.
Ons vind dit wonderlik om in hierdie moeilike tyd te sien hoe Nieu Seelanders saamstaan om Christchurch weer op die been te kry. Ons is baie dankbaar vir almal wat help om die stad veilig te maak, vir die helde wat lewens gered het en die helde wat sorg vir die mense wat meeste geaffekteer is. Dankie ook aan almal wat ruim bygedra het en nogsteeds bydra aan verskillende fondse om die heropbou van die stad en sy mense te steun, soos die Rooi Kruis, die Heilsleer en geld aan nog instansies soos sommige plaaslike kerke wat dit gebruik het om kos en behoeftes te koop om te versprei onder mense wat die grootste behoefte daaraan het. Die groot hoeveelheid boodskappe van ondersteuning help ook baie.
Dit is opmerklik hoe Kiwis nie net hulle huise oopmaak vir mense sonder huisvesting nie, maar ook hoe kerke, organisasies, skole en besighede hulle geboue met ander deel.
By supermarkte en winkels wat oop is, is inligting om mense se lewens makliker te maak. Een so 'n pamflet met inligting in met wenke en advies om na jounself om te sien in hierdie moeilike tyd, gaan ek kopieer:
-oOo-
From: New Zealand College of Clinical Psychologists (NZCDP)
Christchurch Earthquake, Taking care of yourself
Routines "Famililiarity is comforting"
Keep up normal activities
Treasure familiar things
Stay connected "We need each other"
Stay in touch with family and friends
Take moments to giver others your full attention
Listen and answer children's questions simply
Be brave for each other
Ask for and accept help
Save your energy "Keep it for important things"
Lower expectations of yourself and others
Take breaks and lighten your workload
Be tolerant of yourself and others
Lots of things can wait
Children may act younger - that's ok for a while
Lifestyle "Balance is healthy"
Stay active, e.g. go for a walk
Relax - take a break
Limit alcohol
Try to get enough sleep
Try to eat well
Do something nice for yourself
Safety "Protect yourself in every way"
Limit exposure to earthquake news, e.g. TV
You are not helpless - remember the things you do well
Take care of your spiritual and emotional health
It is ok to be emotional
For extra support contact your GP, or phone the Government helpline 0800 779 997
or go to www.canterburyearthquake.org.nz"
-oOo-
Ons stad is tans stukkend maar wanneer dit rof gaan, kom die mooiste van mense dikwels na vore.
Meeste kerke is Christus se hande en voete in hierdie moeilike tyd, met boodskappe soos hierdie:
"Just to let you know, if you are living somewhere that has water and power, and desperately want to help but don't know how, you can drop donations of non-perishable food, baking etc to Church. We are running a distribution centre taking essentials and meals into Dallington, Brighton, Aranui. There are also teams going out digging silt. You can volunteer if you want to"
Ek glo mens is altyd presies waar jy moet wees en al kan mens nie oral help nie kan jy tog 'n verskil maak. Dalk deur ietsie te bak of water en 'n warm ete te vat vir die wat nie het nie. Bied jou skouer aan vir iemand om op te huil, speel babawagter vir iemand wat 'n breek nodig het, of gee vir iemand 'n bed om op te slaap. Jy mag dalk jou hande en kruiwa gee om fisies te help - heelwat groepe gaan uit om te help om silt skoon te maak . Daar is verskeie organisasies en fondsinsamelings waar jy kan aansluit of gee. As jy ver bly, is daar formele aardbewingfondsinsamelings - soos die Rooikruis, Heilsleer en die Government Earthquake Appeal. Maar die grootste versoek is om vir Christchurch en die mense van Nieu Seeland te bid.
As jy in die posisie is dat jy hulp nodig het, moenie huiwer om te vra nie - meeste mense wil graag help.
Lees gerus hierdie mooi inskrywing wat ek raakgelees het taranakichristen.blogspot.com/2011/02/n-stad-in-puin-maar-nie-my-geloof-nie.html
En dan kom die Kiwis se sin vir humor ook uit:
"Won't you take me to a munted town, munted town #pseudoecho #eqnzpickuplines" - @bronmarshall via Twitter
"The technical term is `munted'. There's mega-munt, medium-munt and minor-munt" - Bob Parker, Christchurch se burgermeester.
("Munted" is slang for "ruined".)
Safari Meats, die Suid-Afrikaanse slaghuis en winkel in Linwood, is nogsteeds oop oorkant die Eastgate sentrum, en dit is beslis die rit werd om by hulle te gaan koop.
Klein besighede wat in beskadigde dele van die stad is sukkel om kop bo water te hou. Party se persele is beskadig en moet na nuwe persele soek, of bedryf besigheid van die huis af. Ander se winkels is ongeskonde maar klandisie is skrikkerig as gevolg van hul bure se skade, en gaan liewer na die groot winkelsentrums toe.
Ons dink dit is noodsaaklik om die klein besighede te ondersteun, want elkeen wat toemaak beteken dat hul werknemers ook hulle inkomste verloor en benadeel Christchurch se ekonomie verder.
Dit is belangrik om ten alle tye voorberei te wees op 'n noodgeval. Civil Defense doen baie moeite om mense bewus te maak van wat hulle vooraf moet doen om voorbereid te wees vir noodgevalle. Die belangrikste seker is om genoeg water te stoor vir as daar 'n probleem is met watervoorsiening.
Inligting oor hoe om deur die krisis te kom: http://www.getthru.govt.nz/web/GetThru.nsf/web/BOWN-7GZTZF?OpenDocument
Meer oor die Christchurch Earthquake Appeal: http://www.stuff.co.nz/about-stuff/4723548/Christchurch-Earthquake-Appeal
Vir opdaterings oor die huidige situasie: http://www.civildefence.govt.nz/
Vir eise: http://www.eqc.govt.nz/
Vir meer aardrykskundige inligting oor aardbewings en natuurrampe in NZ, lees gerus
http://www.geonet.org.nz/canterbury-quakes/
http://www.christchurchquakemap.co.nz/today
