Biblioteekdienste in Christchurch
Biblioteekdienste in Christchurch is as gevolg van die 22 Februarie aardbewing meestal opgeskort en slegs vier van die 18 biblioteke in die Christchurch biblioteeknetwerk is op die oomblik oop: Akaroa, Bishopdale, Little River en South Library.
Daar mag meer biblioteke beskikbaar raak, hou due volgende dop om op hoogte te bly:
http://canterburyearthquake.org.nz
http://christchurchcitylibraries.com/Community/Emergency/Earthquake
http://twitter.com/christchurchlib
Die ander Christchurch City Libraries is gesluit tot verdere kenninsgewing - insluitende Central wat in die Red Zone val, en waar oa die Afrikaanse boekversameling gehou word.
Die Christchurch Biblioteek het die datum waarop boeke ingehandig moet word verleng tot 1 Mei 2011. Geen boetes word gehef vir die tydperk na 22 Februarie. Hulle verkies dat boeke en items tuis gehou word tot die biblioteke oop is.
