Wiegeliedjies

Slaap, Kindjie, slaap

Slaap, Kindjie, slaap,
daar buite loop 'n skaap,
'n skaap met witte voetjies,
hy drink sy melk so soetjies,
skapie met sy witte wol,
Kindjie drink sy magie vol.
Slaap, Kindjie, slaap.

Slaap, Kindjie, slaap,
Papa gaan na die Kaap,
Papa het gaan koekies koop,
En more maak jy jou ogies oop,
Dan sit jy in die hoekie
En kry ‘n klein soetkoekie;
Jy vat dit met jou handjie
En byt dit met jou tandjie,
Slaap, Kindjie, slaap

Slaap, Kindjie, slaap,
jou pa is na die Kaap,
jou mamma skud
die boom se top,
dan val 'n droompie
op jou kop,
slaap, Kindjie, slaap.

Slaap kleine babatjie 

Slaap, kleine babatjie
bo in die boom;
slaap, kleine babatjie
sonder 'n droom.
As die wind waai,
sal die babatjie swaai,
maar as die tak breek,
lê hy onder die boom.

Wiegeliedjie

Slaap, my kindjie, slaap sag,
onder rose vannag.
Eers die armpies om my nek
en dan warmpies toegedek.
More vroeg, as God wil,
word my kindjie gewek.
More vroeg, as God wil,
word my kindjie gewek.