Moderne kinderverse

Stoute papegaai

Zandra Bezuidenhout
uit Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotze-Myburgh

My oupa het 'n grasgroen papegaai
wat heeldag snater en lawaai.
As jy hom terg, is hy eers erg.
Hy jaag jou ewg en se jou sleg!

My oupa dimk sy papegaai
is tog te slim en tog te fraai.
Maar Ouma vra: "Nou watter nare woordeboek
leer daardie voel so lelik vloek?"

Kyk net hoe loer die klein parmant,
hy wag vir Ouma om haar rug te draai.
Dan skrou die bloubek-papegaai:
"Gaan in jou maai!:

Die vere gaan vir seker waai,
want Ouma se daai papegaai
gaan sy nog eendag nek omdraai.
Maar raai, daar skree hy weer: "Gaan in jou maai!"

Vreemde taal

Therese van den Bergh
uit Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotze-Myburgh

In ons huis word 'n vreemde taal
deur Sus en Boet gepraat.
Dis "chill" en "cool" en "check'it uit -
my ma het nie meer raad.

My ouma se: "Ai tog, m;y kind."
My oupa se: "O wee....."
My sus se: "Julle, chill to net,
dis cool om so te praat."

Maar Pa se: "Sulk brabbelspraak
word nie toegelaat in die huis.
Ek sal dit nie duld nie
dat julle ons taal verguis."

doringboomfeetjie

Antjie Krog
uit Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotze-Myburgh

die doringboomfeetjie is die dapperste fee
sy's vir niemand in die hele wereld bang
haar mieliepap meng sy met bessiebier
en ry skateboard op 'n kobraslang

die doringboomfeetjie het die vreeslikste oe
selfs 'n pappa word daarvoor bang
haar oe is sulke brulgeel borrels
wat orals rond aan die takke hang

jy kan maar weet dis die doringboomfee
as jy 'n ster sien val met 'n uitskietspriet
ja, dis sy wat met haar paintball-oe
woes automatic deur die hemelruim skiet

as 'n maatjie baklei of mamma wil raas
en jou hartjie voel baie-baie seer
moet jy sag die woorde op jou linkerhand blaas:
doringboom-goudhart-en-liefduiweveer

vinnig sal sy kom en op jou skouer wip
en haar handjies vryf oor jou wang
al die seerkrywoorde sal sy vinnig vang
en soos goggatjies, een vir een,
aan die wit dorings hang