Jaco se blog

Suid-Afrikaanse kos in Christchurch

Ek het iewers gelees dat migrante 'n impak op die plaaslike kultuur begin maak wanneer hul getalle tot 1% van die totale bevolking groei. Een van die tekens dat dit gebeur het, is wanneer hul kos in deel van die plaaslike dieet vorm. Dit is interesant (en natuurlik lekker) om te sien hoe Afrikaanse woorde soos "boerewors", "biltong" en "rooibostee" stadigaan in die Kiwi woordeskat opgeneem word.

Die Christchurchse koerant "The Press" het die afgelope tyd 'n handvol artikels oor Suid Afrikaanse kos gepubliseer (sien Zest op www.stuff.co.nz/thepress). Die stories wissel van 'n onderhoud met Lize Smit van Safari Meats slaghuis tot boere-brekfis en Kaapse lekkernye.

So op die onderwerp van Suid-Afrikaanse kos: Peterjasie het 'n deeglike versameling tradisionele resepte.


Suid-Afrikaners Braai in Dunedin

Saterdag 13 Januarie 07 (as dit nie reen nie), om 16:00 vir 16:30 by Taeri Mouth

Aanwysings:

  • Volg die hoofweg tot by Green Island.
  • Volg die Brighton tekens deur Green Island.
  • Hou aan met die pad deur Waldronville, Brighton tot by Taeri Mouth.
  • Gaan oor die brug by Taeri mouth en verby twee afdraai paaie op jou regterkant wat Waihola toe wys. Die een is 'n grondpad en die tweede een is n teerpad.
  • Hou aan met die pad verby altwee afdraai paaie. Die pad kronkel na regs, en 'n entjie verder is daar 'n stuk grond sien met 'n uithangbord wat se dat BBQ toelaatbaar is.

Bring saam:

  • Eie Braai (weggooibare braai te koop by The Warehouse, omtrent $6).
  • Eie vleis, drinkgoed en eetgerei
  • Elke gesin bring 'n aparte bord eetgoed/slaai om met ander te deel.
  • Eie stoele en/of 'n kombers om op te sit en ‘n opvou tafeltjie om die weggooi braai op te sit.

Die strand is reg lanks die braai area. Daar is ook openbare toilette beskikbaar.

Kontak David en Lee Schoeman: davidschoeman@xtra.co.nz



Kers-byeenkoms in Ashburton

Jan Joubert skryf uit Hinds dat 'n Kerstyd-byeenkoms op 2 Desember by die Hockey Pavillion in Ashburton gehou gaan word.

Alle Suider Afrikaners is welkom. Die presiese tyd en koste is nog nie bekend nie, maar ons sal dit nader aan die tyd op hier bekend maak.


Verversings by Lucas Maree se Konsert

Ons probeer die toegang so bekostigbaar moontlik hou en daarom beplan ons op hierdie stadium nie om verversings in te sluit by die prys van die kaartjie nie.

Maar moenie bekommer nie - honger en dors sal julle nie ly nie.

Die Scholtze van die Suid-Afrikaanse winkel, Outside Africa, het aangebied om Suid-Afrikaanse lekkers, skyfies en pakkies koekies te verkoop.

Die De Beers van Value Video sal nie-alkoholiese drinkgoed verkoop.

Lize en Floris van Safari slaghuis gaan biltong verkoop teen $35 'n kilo. Ons stel voor dat julle biltong of droë wors vooraf bestel, sodat hulle nie met te min voorraad daar aankom nie. Kontak Safari slaghuis vir bestellings voor Vrydag, 29 September (03 389-7705 of safarimeats@xtra.co.nz)

Die Arts Centre is natuurlik tussen soveel cafe's en restourante dat konsertgangers maklik 'n uiteet, koffie, of glasie wyn voor of na die vertoning kan inpas.

Of as jy 'n ietsie vir jouself wou inpak om pouse te eet, is jy ook welkom.

Onthou om kontant saam te bring vir 'n CD of twee!

Daar gaan dalkies 'n prystrekking wees. Onthou dus om, vir die wis en die onwis, jou toeganskaartjie byderhand te hou.

Lees meer oor Lucas en Monica Maree se konsert


Luister na Lucas

Lucas MareeLukas en Monica Maree tree op 7 Oktober 2006 in Christchurch op.

As jy wonder hoe Lucas se stem nou weer klink, of hoe sy musiek deesdae klink, luister na hierdie kort snitte: Victoriabaai, Treklorrielied, Monica, Gebed In Die Laataand, Dooimansdeur en Kiekies In My Plakboek.

Lus om op 7 Oktober in Christchurch na hom te kom luister?

Lees meer oor Lucas en Monica Maree se konsert


Werksgeleenthede vir Suid-Afrikaners

'n Bespreking oor werksgeleenthede vir Suid-Afrikaners in Nieu Seeland vind plaas op Dinsdag 19 September om 6:30nm by die South Library in Beckenham.

Die sprekers, Lynette Morgan en Grant Paice, praat oor:

  • Kultuurverskille
  • Werksoek en onderhoude
  • Kiwi-werkgewers en die werksmark

Kontak asseblief vir Dalene Mactier: Mactier@xtra.co.nz of telefoon (03) 324-2590.



Kaartjies beskikbaar vir Lucas en Monica Maree se Konsert

Lucas MareeSaterdag, 7 Oktober 2006 om 7nm
The Great Hall, The Arts Centre of Christchurch

Kaartjies moet asseblief vooraf aangekoop word. Kontak: afrikaans@swart.co.nz of telefoonnommer (03) 359-0240.

Ouens wat vroeg spring, kry 'n gawe afslag:

  • Vroegkoop-afslagprys: $20 tot en met 30 September
  • Volprys $25 per kaartjie vanaf 1 Oktober
  • Kinders: $10
  • Skootsittertjies: gratis

Vertel almal!

Laat weet jou Afrikaanse vriende op die Suid-Eiland asseblief van hierdie gebeurtenis, sodat hulle ook van die plesierigheid weet. Dit sal darem 'n skade wees as daar Lucas-bewonderaars in die omgewing is, wat eers na die konsert moes hoor dat hy hier was.

Advertensie-materiaal om tuis te druk is beskikbaar.


Besonderhede: Lucas en Monica Maree se konsert in Christchurch

Saterdag, 7 Oktober 2006 om 7nm
The Great Hall, The Arts Centre of Christchurch

Hoek van Worcester Boulevard en Rolleston Ave

Vroegkoop-afslagprys: $20 tot en met 23 September,
volprys $25 per kaartjie vanaf 24 September
Kinders: $10
Skootsittertjies: gratis

Sitplekke het nie nommers nie. Bring kontant saam vir parkeergeld, verversings en CD's.

Kontak: afrikaans@swart.co.nz of telefoonnommer (03) 359-0240

Lees meer oor Lucas Maree se konsert in Christchurch.



Afrikaanse Rympies vir Kinders

Ons het 'n versameling van tydlose Afrikaanse rympies vir kinders bygevoeg – spesiaal vir Afrikaans sprekende ouers wat iets uit hulle kinderjare met hul kinders wil deel.

Lees die Afrikaanse kinderrympies


Kerkdienste in Suid-Canterbury

Jan en Arna Joubert het uit Hinds, naby Asburton, laat weet dat 30 Julie 2006 se kerkdiens in Hinds baie geseënd was. 58 volwassenes en 25 kinders het dit bygewoon.

Lees meer oor toekomstige eredienste in Suid-Canterbury 


Syndicate content