Verversings by Lucas Maree se Konsert

Ons probeer die toegang so bekostigbaar moontlik hou en daarom beplan ons op hierdie stadium nie om verversings in te sluit by die prys van die kaartjie nie.

Maar moenie bekommer nie - honger en dors sal julle nie ly nie.

Die Scholtze van die Suid-Afrikaanse winkel, Outside Africa, het aangebied om Suid-Afrikaanse lekkers, skyfies en pakkies koekies te verkoop.

Die De Beers van Value Video sal nie-alkoholiese drinkgoed verkoop.

Lize en Floris van Safari slaghuis gaan biltong verkoop teen $35 'n kilo. Ons stel voor dat julle biltong of droë wors vooraf bestel, sodat hulle nie met te min voorraad daar aankom nie. Kontak Safari slaghuis vir bestellings voor Vrydag, 29 September (03 389-7705 of safarimeats@xtra.co.nz)

Die Arts Centre is natuurlik tussen soveel cafe's en restourante dat konsertgangers maklik 'n uiteet, koffie, of glasie wyn voor of na die vertoning kan inpas.

Of as jy 'n ietsie vir jouself wou inpak om pouse te eet, is jy ook welkom.

Onthou om kontant saam te bring vir 'n CD of twee!

Daar gaan dalkies 'n prystrekking wees. Onthou dus om, vir die wis en die onwis, jou toeganskaartjie byderhand te hou.

Lees meer oor Lucas en Monica Maree se konsert