Kersfees-fees by "The Arts Centre of Christchurch"
Hulle het ook vir "Afrikaans in Christchurch" genooi om 'n kersboom daar te versier en ietsie van ons Kersfees te vertel.
Ons het lank geneem voor ons die aanbod aanvaar het, aangesien ons 'n nasie is wat uiteenlopende gewoontes en tradisies het en mens nie iets wil uitbeeld wat ander Afrikaanssprekendes uitgesluit gaan laat voel nie. Aan die ander kant, met ons navorsing het ons agtergekom dat ons Afrikaanse mense baie dinge in gemeen het met hoe ons Kersfees vier.
Ons boom sal seker nie heeltemal verteenwoordigend wees van alle volksgenote se kersbome nie, maar vir ons is dit hoe ons kersboom vanjaar daarna uitsien. Tans beplan ons om hom te versier met tuisgebakte soetkoekies, kralewerk wat deur Afrika hande gemaak is asook iets van ons Europese erfenis daar te he. Moet ook nie te verras wees as jy Afrikaanse Kersmusiek hoor nie.
As die weer mooi is, gaan ons in die "South Quad" wat van Hereford Street toeganklik is, staan. As dit reen gaan ons in die Great Hall wees. Met die wat die naweek-vlooimark ook aan is tussen 10 vm - 4 nm, is dit 'n lekker kans om bietjie daar rond te loop.
Kom maak gerus 'n draai!
Nog Christchurch Kerstyd goed wat jy nie wil misloop nie, is:
2 Desember
Smiths City Santa Parade om 2nm, Central City, Colombo/Kilmore Streets, Christchurch
8 Desember
Christchurch City Choir Messiah
Stadsaal
Koop kaartjies by Ticketek
9 Desember - 24 Desember
CCS Christmas Tree Festival
Christchurch Convention Centre
'n Versameling van 50 versierde Kersbome, by die Christchurch Convention Centre. Toegansfooi is betaalbaar11
10 - 24 Desember
The Christmas Grotto Experience
Daagliks 4nm tot 9:30 nm,
Naweke 10.30 vm to 9:30 nm,
Ou-Kersdag 10.30 vm to 11nm
meer details:
http://www.christmasgrotto.org.nz/
