Kaartjies beskikbaar vir Lucas en Monica Maree se Konsert
Saterdag, 7 Oktober 2006 om 7nm
The Great Hall, The Arts Centre of Christchurch
Kaartjies moet asseblief vooraf aangekoop word. Kontak: afrikaans@swart.co.nz of telefoonnommer (03) 359-0240.
Ouens wat vroeg spring, kry 'n gawe afslag:
- Vroegkoop-afslagprys: $20 tot en met 30 September
- Volprys $25 per kaartjie vanaf 1 Oktober
- Kinders: $10
- Skootsittertjies: gratis
Vertel almal!
Laat weet jou Afrikaanse vriende op die Suid-Eiland asseblief van hierdie gebeurtenis, sodat hulle ook van die plesierigheid weet. Dit sal darem 'n skade wees as daar Lucas-bewonderaars in die omgewing is, wat eers na die konsert moes hoor dat hy hier was.
Advertensie-materiaal om tuis te druk is beskikbaar.
