D J Opperman se Kleuterverseboek is ware Africana
D J Opperman se Kleuterverseboek is Africana wat na baie jare op openbare aandrang, nou weer beskikbaar is.
Hierdie klassieke kleuterverseboek se eerste uitgawe het in 1958 verskyn. Die tweede uitgawe is in 1981 uitgegee en sedertdien het Tafelberg Uitgewers nuwe oplae van hierdie uiters populêre boek gedruk. Die boek het 207 bladsye.
Vir ons en ons 6-jarige is dit 'n prettige boek wat al ure se plesier gegee het (en nog gaan gee) met onder andere vingerrympies, wiegeliedjies, uittelrympies, telrympies, dans en piekniekliedjies (soos die woorde van volkspeleliedjies), raaiselrympies, snelsêers en nog meer.....
Cora Coetzee se illustrasies maak dit 'n vreugde om na te kyk. Dit is vir ons wonderlik dat die gediggies, rympies en liedjies waarmee ons grootgeword het, in so 'n mooi boek met die nuwe generasie gedeel kan word. Die beste deel is dat ons dogter, hoewel sy hier in die Nieeu Seelandse kultuur grootword en Kiwikaans praat, soveel genot uit D J Opperman se kleuterverse put. (Kiwikaans is Afrikaans met 'n sterk Kiwi invloed en uitspraak.)
Die Kleuterverseboek is op Kalahari.net beskikbaar.
Ons het 'n versameling van tydlose Afrikaanse rympies vir kinders op hierdie webwerf, ideaal vir Afrikaans sprekende ouers wat iets uit hulle kinderjare met hul kinders wil deel.
Lees die Afrikaanse kinderrympies
