Die Afrikaanse Taal in 'n Neutedop

Afrikaans is 'n taal wat grootliks in suidelike Afrika gepraat word (hoofsaaklik in Suid-Afrika en Namibie). Klein Afrikaanssprekende gemeenskappe kom elders ter wereld voor na onlangse emigrasie uit Suid-Afrika.

Afrikaans het het ontstaan as gevolg van die wisselwerking tussen 17de eeuse Nederlands, Afrika-tale, Portugees, Maleis en ander invloede. Alhoewel dit 'n taal eie aan Afrika is, word dit nogtans beskou as 'n lid van die Dietse taalgroep, en is soortgelyk aan die Nederlandse/Vlaamse taal wat in Nederland en groot dele van België gepraat word.

Daar is 'n omvangryke Afrikaanse letterkunde, en die taal word wyd in die gedrukte en elektroniese media gebruik. Afrikaans het akademiese status aangesien daar 'n aantal inrigtings vir tersiêre onderrig in Suid-Afrika is waar Afrikaans die voertaal is.

Vergeleke met ander Europese tale, is Afrikaans redelike eenvoudig. Selfstandige naamwoorde het nie geslag nie en werkwoorde word nie volgens die onderwerp vervoeg en verbuig nie. 'n Kenmerk is die gebruik van die dubble negatief (ek is nie ___ nie). Die basiese grammatikale struktuur is eenvoudig.

Daar is slegs drie tydvorms in Afrikaans:

  • die huidige (ek/hy/ hulle/ons is)
  • die verlede (ek/hy/hulle/ons was)
  • die toekoms (ek/hy/hulle/ons sal wees).

Afrikaans is 'n jong taal - publikasies word sedert 1875 in Afrikaans gepubliseer en dit het in 1925 'n amptelike taal in Suid-Afrika geword.

Lees ook: Artikel oor Afrikaans op die Wikipedia aanlyn-ensiklopedie.